Ons Filosofie oor
Wiskunde onderrig
Die MATHmechanic se
Benadering
Om die MATHmechanic se filosofie
te verstaan, is essensieël om ons
unieke benadering tot wiskunde onderrig te begryp.
Twee kante van die Muntstuk
Die geheim van Sukses in Wiskunde:
Die een kant van ons filosofie beklemtoon die belangrikheid daarvan om vrae te vra. Ons moedig ons studente gedurig aan om oor enigiets wat hulle nie verstaan nie, vrae te vra. Ons platform is ontwerp om 'n omgewing te skep waar studente gemaklik en gemotiveerd voel om elke dag vrae te vra.
Konsekwentheid en Toewyding:
Die ander kant van ons filosofie gebruik die analogie van 'n marathon - jy kan nie die dag voor die wedloop fiks word nie. Net so vereis wiskunde-bemeestering konstante werk. Ons vereis dat ons studente ten minste 15 minute per dag op ons webwerf spandeer deur na ons video's te kyk of aanlyn toetse te voltooi. Hierdie video's bevat gedetailleerde oplossings vir tipiese vrae wat studente in die verlede gevra het.
Daaglikse Ondersteuning
Ons glo in deurlopende ondersteuning eerder as om op "een keer per week" ekstra klasse staat te maak. Om te verseker dat ons studente die hulp kry wat hulle nodig het, is ons elke dag beskikbaar. Wanneer persoonlike kontak nodig is, gebruik ons YouTube regstreekse uitsendings of aanlyn klasse.
Leer Meer